Ligging
Montagu, Wes-Kaap; 12km buite Montagu op die Roete 62 op die pad na Barrydale.
Klimaat
Klein Karoo: droƫ klimaat met koue winters - ideaal vir die kweek van gesonde vrugtebome.
Grond
Hoofsaaklik effe suur sand- en leemgrond vir klonale worteling; swaarder vir Pruim- of Mariana bome.
Alle grond word berook voor planting om die beste kwaliteit boom moontlik te verseker.
Water
Oorsprong: onbesoedelde boorgate met puik vars water. Drupbesproeiing verseker goeie benatting sonder om die blare en stam te benat vir die voorkoming van swamsiektes.
Produkte
Steen- en kernvrugte: appels, pere, perkskes, pruime, nektariens, appelkose op verskillende onderstamme, saailing asook klonaal. Pekanneute, okkerneute, granate, vye en kwepers.
Bestellings
Plaas bestellings by eienaars Johan en Riana, Montagu Vrugteboom Kwekery:
Verkieslik 'n jaar vooruit ten einde teleurstelling te voorkom.
E-pos: jastrydom@compuservices.co.za
Tel/Fax: 023 614 3572
Johan Sel: 082 929 7790
Riana Sel: 072 082 1541
Plantmateriaal
Montagu Vrugteboom Kwekery is 'n Sapo/Culdefco geakkrediteerde kwekery onderworpe aan SPV inspeksies. Ons poog om die best virusvrye plantmateriaal van verkieslik Sapo bronne te plant en te promifeer.